top of page

"Free-range" Kudu Lasagna

Updated: Nov 13, 2025

Deur Marli Mckellar

Gepubliseer 26 Maart 2025

Bedien:

6

Porsiegrootte:

 300g

Voorbereidengstyd:

 45 min

Kooktyd:

 2 ure

Hoekom is ek so obsesief oor wildsvleis? Ek het grootgeword daarmee – tot op ’n punt waar ek behoorlik gatvol was vir springbokvleis teen die tyd dat ek die huis verlaat het. Elke jagseisoen was daar biltong, droëwors, en n paar pakke vleis onder in die diepvries. Destyds het ek gedink ek sal nooit weer wildsvleis eet nie.

kudu

Maar jare later, hier in die stad, tref die realiteit van vleispryse jou soos ’n klap in die gesig. Vleis is nie net belaglik duur nie – die kwaliteit is lagwekkend. En almal is nou mal oor goed soos “free-range,” “grass-fed,” en “sustainable.” En selfs dan is die vleis wat ons kry... wel, nie juis great nie.

Toe, soos ’n weerligstraal, slaan dit my: my ou vyand – wildsvleis! Wat is méér “free-range,” “grass-fed,” en “sustainable” as wildsvleis? Die Amerikaanse toeriste betaal ’n arm en ’n been om ’n stukkie kudu by die Waterfront te proe, maar hier by die huis trek ons ons neuse op daarvoor.

Maar hoekom’t ek dit dan so gehaat? Want dis nie bees of lam nie. En jy kan dit nie net soos bees probeer gaarmaak nie (jammer, Moeks).

Dis ’n ander dier, met ’n ander tekstuur, en dit vra vir ’n ander benadering. Nou probeer ek wildsvleisresepte ontwikkel wat jy rêrig sal wil eet – wat selfs my 15-jarige self sou geniet het.

En wie weet – dalk gaan ons hierdie jagseisoen nie weer die bokvleis onder in die diepvries vergeet tot volgende winter nie.

mirepoix

Bestanddele:

Vleissous (Ragu)

70g Uie

35g Seldery

35g Wortels

15g Knoffel

200g Spek

2 Rooirissies

25g Pietersielie

15g Roosmaryn

15g Botter

500g Kudu maalvleis

400g Vark maalvleis

375ml Rooiwyn

400g Tamatie puree (1 blik)

½ Suurlemoen

1 parmesaankors

Olie van 1 blikkie gerookte mossels

Sout en peper, na smaak

Olie, vir braai

Metode:

Vleissous (Ragu)

Stap 1

Berei al die bestanddele voor: kap die uie, seldery, wortels (mirepoix), knoffel, rooirissies, kruie en spek.

Stap 2

In 'n groot pot, verhit 15g botter en 'n bietjie olie. Braai die spek tot dit bros is. Haal uit en sit eenkant.

Stap 3

Voeg die mirepoix by die spekvet en braai oor medium hitte vir sowat 15 minute tot die uie deurskynend is.

Stap 4

Voeg die knoffel by en braai nog 5 minute.

Roer die tamatiepuree in en braai totdat dit effens donkerder en dikker raak – dit gee die sous 'n lekker diep geur.

Stap 5

Voeg die spek terug, en gooi die kudu en vark maalvleis by. Braai tot die vleis mooi bruin is.

Stap 6

Laat die mengsel op ’n lae hitte prut vir minstens 1 uur, met die deksel effens oop, sodat die geure ontwikkel en die vloeistof kan dik raak.

Stap 7

10 minute voor dit klaar is, voeg die olie van die blikkie gerookte mossels by. Roer deeglik deur – dit is die geheime geurkrag!

sous

Bechamélsous

150g botter

150g meel

1.5L melk

Sout en swartpeper

Neutmuskaat

Vars gerasperde parmesan

Ander:

Lasagnavelle (winkelgekoop of vars)

Ekstra kaas vir bo-op (opsioneel)

Bechamélsous
Stap 8

Smelt die botter in 'n kastrol oor matige hitte.

Stap 9

Voeg die meel by en klits aanhoudend tot dit 'n gladde paste vorm.

Stap 10

Kook die mengsel vir ongeveer 2-3 minute totdat dit ’n neuterige geur gee.

Stap 11

Voeg die melk geleidelik by terwyl jy klits – maak seker daar is geen klonte nie.

Kook die sous tot dit dik en glad is.

Stap 12

Geur met sout, peper, neutmuskaat en gerasperde parmesan.

Stap 13

Bedek met kleefplastiek wat die oppervlak raak om te verhoed dat ’n vel vorm. Sit eenkant.

lasagna

lasagna
Lasagna bou
Stap 14

Voorverhit die oond tot 180°C.

Stap 15

Kook jou lasagnavelle vir ’n kort tydjie sodat dit nie te hard is nie. (dis klink weird maar ek haat n harde stuk lasagna vel)

Stap 16

In ’n groot oondbak, begin om lae te bou:

Begin met 'n laag van die vleissous. Dan 'n laag pasta

Dan 'n laag béchamelsous

Stap 17

Herhaal die lae en maak seker jy het minstens vier lae pasta. Eindig met béchamelsous en strooi ekstra kaas oor indien jy wil.

Stap 18

Bak vir 40 - 50 minute of tot goudbruin en borrelend.

Stap 19

Laat die lasagna 30 minute rus voor jy dit sny – dit help dit stol en sny netjieser.

1

Searing the Beef

Sear beef fillets on high heat for 2 minutes per side to form a golden crust. Let it cool before proceeding to keep the beef tender.

Notes
1.jpg
2.jpg
3.jpg

1

Season the good fresh beef fillets with salt and black pepper. Heat olive oil in a pan over high heat and sear the fillets for 2 minutes per side until it fully browned. Remove the beef from the pan and brush with a thin layer of mustard. Let it cool.

Instructions

Quality Fresh 2 beef fillets ( approximately 14 ounces each )

Quality Fresh 2 beef fillets ( approximately 14 ounces each )

Quality Fresh 2 beef fillets ( approximately 14 ounces each )

Beef Wellington
header image
Beef Wellington
Fusion Wizard - Rooftop Eatery in Tokyo
Author Name
women chef with white background (3) (1).jpg
average rating is 3 out of 5

Beef Wellington is a luxurious dish featuring tender beef fillet coated with a flavorful mushroom duxelles and wrapped in a golden, flaky puff pastry. Perfect for special occasions, this recipe combines rich flavors and impressive presentation, making it the ultimate centerpiece for any celebration.

Servings :

4 Servings

Calories:

813 calories / Serve

Prep Time

30 mins

Prep Time

30 mins

Prep Time

30 mins

Prep Time

30 mins

Comments

Wil jy Dankie Tannie resepte in jou inbox hê?

Kontak Dankie Tannie

© 2025 by Dankie Tannie. Powered and secured by Wix

bottom of page